A Portrait of the Artist as a Young Man

A Portrait of the Artist as a Young Man

SkrywerJames Joyce
OmslagontwerperHardeband
TaalEngels
GenreKünstlerroman, literêre modernisme
UitgewerB.W. Huebsch
Uitgegee29 Desember 2016
Bladsye299

A Portrait of the Artist as a Young Man is die eerste roman van die Ierse skrywer James Joyce. Dit is 'n Künstlerroman wat in 'n modernistiese styl geskryf is, en spoor die godsdienstige en intellektuele ontwaking van die jong Stephen Dedalus, Joyce se fiktiewe alter ego op, waarvan die naam sinspeel op Daedalus uit die Griekse mitologie. Stephen bevraagteken, en rebelleer teen, die Katolieke en Ierse gebruike waaronder hy grootword, wat uitloop op sy eie ballingskap van Ierland na Europa. Die werk maak gebruik van tegnieke wat Joyce in Ulysses (1922) en Finnegans Wake (1939) meer volledig ontwikkel.

A Portreit begin in 1904 as Stephen Hero - 'n outobiografiese roman van 63 hoofstukke in 'n realistiese styl. Na 25 hoofstukke laat vaar Joyce Stephen Hero in 1907 en verwerk die temas en protagonis om na 'n verkorte roman van vyf hoofstukke. In die proses word enige sweempie van streng realisme tersyde gestoot. Hy maak uitgebreid gebruik van vrye indirekte rede, wat die leser toelaat om insig te verkry in Stephen se ontwikkelende bewussyn. Die Amerikaanse modernistiese digter Ezra Pound het die roman in 1914 en 1915 in die Engelse literêre tydskrif The Egoist laat publiseer (as deel van 'n reeks) en in 1916 is dit as 'n volledige werk (boek) deur BW Huebsch van New York gepubliseer. Die publikasie van A Portrait en die kortverhaalbundel Dubliners (1914) het Joyce aan die voorpunt van literêre modernisme geplaas.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search